Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)
Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)
Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)
Ebook182 pages3 hours

Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Weduwee Carlien Arendse het mans afgesweer. Vir die afgelope tien jaar is sy dolgelukkig om alleen te wees met haar werk as Streekhoflanddros om haar besig te hou. Totdat sy een oggend gaan draf en letterlik in 'n blonde adonis vashardloop wat haar lewe onherroeplik verander. Te midde van die skindertonge op die dorp, vind Carlien uit dat liefde hom nie deur die ouderdom laat voorskryf nie.

LanguageAfrikaans
Release dateOct 25, 2012
ISBN9781301396177
Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)
Author

Yolande Pienaar

I am a South African writer who feels that there are way to few books available on the internet in my home language of Afrikaans. Here I hope to find a number of readers hungry for reading material that is not subject to the few online printers in South Africa.I hope that you will enjoy the books as much as I enjoyed writing them and that you will keep coming back to check for new Afrikaans stories.

Related to Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Katelknaap vir Carlien (Afrikaans Edition) - Yolande Pienaar

    Carlien Arendse buk om die veter van haar tekkie vas te maak. Haar rug kraak en sy kom regop met ’n sug. Om veertig te wees is nie vir sissies nie. Sy draai ’n laaste keer voor die spieël. Die rekstof broek span om haar bobene en daar is nie ’n sweempie selluliet sigbaar nie. Miskien is die toppie ’n aks te styf om haar borste, maar haar magie is ten minste plat. Met ’n laaste pluk aan haar bruin poniestert, draai sy weg van die spieël, vryf oor die wolfhond se kop en haak die halsband om haar arm.

    Kom ounooi se honne, laat ons die bult gaan aandurf. Oor twee weke is jou baas terug van die universiteit af en kan jy weer lekker vinnig saam met hom hardloop.

    In die skemerdonker druk sy die sleutel onder die matjie in en maak seker die hekkie is op knip. Halfpad teen die bult op wens sy Erik is al terug. Sy mis haar seun wanneer sy gaan draf. Dit was hulle gesels tyd, selfs voor Alwyn se dood.

    Alwyn. Hierdie week is dit tien jaar sedert die ongeluk wat hom sy lewe gekos het. Die onthou kom saam met haar ritmiese voetval op die sypaadjie. Flitse van Alwyn wat sy hand lig en sy wat teen die muur val, van Alwyn wat Erik rondruk en verskree. Haar pas versnel met elke herinnering.

    Carlien is so verdiep in haar gedagtes, dat sy die man wat gebukkend op die kruin van die bult staan, te laat sien. Sy bots met ’n slag teen hom en land op haar agterwêreld ’n entjie vêrder op die gras. Duiwel grom en sy hare staan penorent. Haar enkel klop en sy vryf liggies oor die seerplek.

    Kan jy nie kyk waar jy gaan staan nie? voeg Carlien die onbekende man toe sonder om na hom te kyk. Sy rem met haar een hand aan Duiwel se halsband.

    Toe nou Duiwel. Raak nou rustig.

    Jinne, maar dis darem ’n vreeslike naam vir so ’n mooi hond. Die spanning op die halsband verslap en Duiwel staak sy gegrom. Carlien waag ’n vinnige blik in die rigting van die stem en snak na haar asem.

    Sy blonde hare is netjies kort en sy gesig skoon geskeer. Viooltjie blou oë staar af na haar. Hy troon ten minste met ’n koplengte bo haar eie een komma sewe meter uit en te oordeel na die gespierde bene, is hy ’n man wat gereëld oefen.

    ’n Goed versorgde hand met kort naels streel oor Duiwel se kop. Sy lang vingers wikkel onder die halsband in en Duiwel draai sy kop sodat sy ore gekrap kan word. Die verraaier waai sowaar sy stert soos ’n wafferse dakwaaier in volle vaart.

    Sy kyk op en betrap die blou oë priemend in hare. Het jy seergekry?

    Die diep basstem pas by die model-mooi voorkoms. Haar hart tamboer teen haar ribbes en sy skud haar kop vererg. Haar stem weier om saam te werk en sy sluk om haar droë keel gesmeer te kry. Waarom daar skielik ’n warmte in haar bors lê, wil sy nie nou ontleed nie.

    Nee, ek het nie seergekry nie, gelukkig nie. In die vervolg stel ek voor jy kyk waar jy staan voordat jy jouself in die middel van ’n voetpad tuismaak.

    Carlien wag nie vir ’n antwoord nie en draai haar rug na die man. Ek is werklik jammer . . .

    Haar enkel pyn as sy verder draf maar sy ignoreer dit. Sy wil net wegkom van die man wat haar so staan en aanstaar. Wanneer sy om die hoek gaan, begin sy stap en loer oor haar skouer. Met verligting sien sy die man het aan die ander kant van die bult verdwyn.

    Hy moet ’n nuwe intrekker in die dorp wees. Laurysmith is ’n relatief klein dorpie en nuwe intrekkers word gou raakgesien en bespreek, veral onder die losloper meisies van die dorp.

    Sien, raas sy met haarself, jy mors jou tyd op ’n man wat amper jou seun kon wees. Om eerlik te wees, seker nie haar seun nie, maar nogtans skat sy hom ’n hele klompie jare jonger as syself. Nee, wat, sy het nie eers lus vir normale verhoudings nie, wat nog te sê een met ’n katelknaap.

    ’n Glimlag speel om haar mondhoeke. Sal dit nou nie die ou tannies van die dorp heerlike skinder-skietgoed gee as sy vir haar ’n katelknapie aanskaf nie. Sy kan al die fluisteringe hoor.

    Die sleutel is nog waar sy dit gelos het en Carlien stroop haar klere so in die loop af. Na ’n verfrissende stort grimeer Carlien met sorg en staan voor die kas. Haar hand gly bo-oor al die blou bloese in die kas. Erik sê sy is bygelowig, maar Carlien weier om enigiets blou aan te trek op ’n Maandag.

    Twintig minute voor agt, parkeer Carlien die bloedrooi Corsa in haar parkering agter die hofgebou. Streekhof landdroste het nog sekere voordele, al is dit net gereserveerde parkering. Sy stap deur die sekuriteit hokkie en sluit haar kantoor oop. Nadat sy vir haar ’n koppie koffie geskink het, trek sy haar notas nader en werk aan die voorbereiding vir die uitspraak wat sy later die week moet lewer.

    Pieter Willemse loer ’n ruk later om die deur. Die enigste ander streekhof landdros wag nie tot sy hom binne nooi nie en plof in die stoel aan die oorkant van haar tafel neer. Sy yl vaalbruin hare is netjies gesny en sy groen oë het nog nie hulle skerpheid verloor nie. Hy het sy baadjie uitgetrek en die wit beffie lê windskeef om sy nek.

    Carlien glimlag skelm. Oom Pieter kon na al die jare in die hof steeds nie gewoond raak aan wat hy noem ’n aaklige erfdeel van die Engelse reg nie. Wat hy gaan doen oor twee jaar wanneer hy die ouderdom van sewentig bereik en moet aftree, weet Carlien werklik nie. Behalwe golf en sy vrou, is sy werk die groot passie in sy lewe.

    En toe nooi, hoe was jou naweek? Of het jy weer die hele tyd gehiberneer met ’n boek en al wat leef en beef vermy. Moet sê die dorp was ’n malhuis die naweek, seker omdat dit einde van die maand was.

    Carlien lag saggies. Môre oom Pieter. Oom weet mos ek gaan nie dorp toe tensy ek dit kan verhelp nie. Ek sien genoeg van die Sodom en Gomorra hier in die hof.

    Ai Carlien, jy kan jou ook nie altyd so wegsluit nie. Kom eet vanaand by my en Gerda. Sy verjaar vandag en soek hoeka ’n verskoning om weer goed uit te hang met haar eksotiese disse. My pap en vleis dieet gee haar kwansuis gal. Oom Pieter leun terug in die stoel en sy beker kantel gevaarlik. Carlien wil nog waarsku, maar die warm koffie stort oor sy hand.

    So bleddie Maggie. Ek het haar hoeveel keer gesê om die koppie nie so vol te gooi nie, maar luister sy? Nee, net soos die meeste van ons 'kliënte' is sy stokdoof as mens met haar praat.

    Carlien onderdruk ’n glimlag. Dankie, ek aanvaar die uitnodiging. Ek is lankal lus vir tannie Gerda se verrassende geregte.

    Hmpf, dis net ’n mooi manier om te sê mens het nie idee wat aan jou voorgesit word nie. Hy beduie na die stapel notas voor Carlien op die tafel. Hoe vorder die uitspraak?

    Hulle bespreek die saak vir ’n paar minute en voordat oom Pieter haar alleen laat om verder te werk. Teen negeuur stap Carlien die hof binne en begin haar dag.

    Wanneer die hof om vieruur verdaag is Carlien bly om die kantoordeur agter haar toe te trek. Maandae is altyd vir haar moeilik, veral na ’n rustige naweek. Sy stop by die winkel en koop die week se groente en vrugte. Vandat Erik nie meer in die huis is nie, maak sy selde kos en is sy tevrede met ’n slaai of broodjie. Sy moet sê, sy sien nogal uit na tant Gerda se kos vanaand. Waar Carlien dit glad nie geniet om kos te maak nie, is tant Gerda ’n uitstekende kok en geniet sy dit om allerhande eksotiese geregte voor te berei.

    Carlien stop voor die motorhuis en beskou die tuin behoorlik. Danksy die warm humiede weer in Laurysmith, groei die plante amper vanself. Die rose staan in volle blom en die jasmyn hang vol nuwe bloeisels. In die beddings steek ’n paar bossies kop uit en Carlien sug. Linus, die tuinman, kom ook nie by alles uit nie.

    In die kombuis pak sy die kruideniersware weg en skakel die ketel aan. Sy maak vir haarself ’n sterk koppie koffie en dra dit badkamer toe waar sy die krane oopdraai en ’n goeie skeut badolie in die water gooi. Terwyl die water inloop, staar sy na die inhoud van haar hangkas. Soos wat sy die Willemse huishouding ken, gaan dit ’n redelike formele affêre wees met ander belangrike gaste, uitgevat in hulle bestes.

    Sy blaai deur die aandrokke in haar kas en elimineer meeste van hulle as of te formeel, of te blink, of te gewaagd. Haar keuse val op ’n swart, noupassende rok wat misleidend is in eenvoud aangesien die rok die kontoere van haar lyf volg. Tevrede met haar keuse, sak Carlien behaaglik weg in die aromatiese bad water.

    Die blonde man van vroeër die oggend spring ongevraagd voor haar geestesoog in. Sy het nog nooit dagdrome oor ’n man gehad nie en verstaan nie wat dit is wat hom in haar gedagtes bly terugdwing en haar hartklop laat versnel nie.

    Sy sit vererg in die bad regop en die water spat oor die rand. Genoeg van die man. Die kans is in elk geval skraal dat sy hom weer sal ontmoet en hoe gouer sy hom uit haar gedagtes verban en haar bepaal by haar eie lewe, waarmee sy baie gelukkig is, hoe beter. Die reuk van laventel hang in die badkamer en Carlien adem dit behaaglik in.

    Nadat sy haar afgedroog het, maak sy seker daar is geen vogtigheid meer aan haar lyf nie en sprinkel Bulgari lyfpoeier oor haar hele lyf. Sy kam haar bruin hare in ’n elegante rol op haar kop en steek dit vas met ’n goue haarknip. ’n Paar glimsteentjies in haar hare en ligte grimering en sy is gereed vir die aand.

    Behalwe ’n paar goue oorkrabbertjies en haar fyn polshorlosie, dra sy geen ander juwele nie. Sy sit sneesdoekies en ’n lipstiffie in haar handsakkie en glip ’n paar hoëhak sandale aan haar voete. Nadat sy seker gemaak het Duiwel het genoeg kos en water, sluit sy die deur sorgvuldig agter haar.

    Die Willemse woning is ’n wit geverfde gewelhuis met ronde pilare en gebou teen ’n heuwel wat uitkyk oor die meer gegoede area van die dorp. Op ’n helder dag kan mens die Drakensberge van die balkon in die woonkamer sien. Met ’n voltydse tuinier en tant Gerda wat die versorging van die tuin haar trots maak, is die Willemse eiendom ’n lushof vir enige tuinier en het verskeie tuin en landskap tydskrifte al besoek afgelê.

    Carlien parkeer langs ’n Land Cruiser stasiewa met ’n dakrak, bosbreker en twee ekstra bande. Sy staar fronsend na die groot voertuig. Wie sou die Willemses tog ken wat genoeg van die buitelewe hou om soveel geld op ’n voertuig te spandeer? Haar Corsa'tjie lyk soos ’n muggie teen die reuse viertrek voertuig.

    Carlien stap die trappies op en klop aan die voordeur. Met 'n laaste kyk na die groot voertuig wat langs hare staan, draai sy terug na die deur wanneer dit oopgaan. Tant Gerda gryp haar summier aan die hand en trek haar na binne. Geklee in 'n formele aandrok met sykouse en hofskoene, lyk die vrou nie 'n dag ouer as vyftig nie.

    Ek is so bly jy kon ook by ons aansluit. Tant Gerda soen die lug weerskante van Carlien se wange. Niks het nog verander nie. Tant Gerda sal nooit as te nimmer haar maniere vergeet of betrap word dat daar 'n haar uit sy plek is nie.

    Baie geluk met tannie se verjaardag. Ek hoop daar lê 'n geseënde jaar voor en dat oom Pieter tannie baie sal bederf.

    Tant Gerda lag saggies. Hy weet nog nie wat ek vir hom beplan nie, maar jy mag nie vir hom laat weet nie, hoor. Carlien knik en tannie Gerda gaan voort. Ek het vir ons 'n naweek in die Kgalagadi Oorgrens Park bespreek, maar ek weet hy gaan weer knor daaroor.

    Sjoe tannie, maar dis vêr vir net 'n naweek.

    Tannie Gerda pluk haar skouers bietjie meer regop. Maar kind, ons kan mos twee dae soontoe ry en twee dae terug. Hoekom moet mens altyd jaag na waar jy wil wees?

    Carlien lag. Dis ook waar tannie. Ek het vir tannie ietsie kleins gekoop. Sy oorhandig die geblomde pakkie aan die tannie wat dit summier op die tafeltjie in die ingangsportaal neersit en Carlien aan die arm neem.

    Baie dankie kind, maar jy weet dit was nie nodig nie. Kom ons gaan in, die ander is al almal hier en ons kan seker binne die volgende twintig minute aansit.

    Laat ek jou gou voorstel. Tannie Gerda druk haar in die rigting van die gemaklike sitkamerstel in die ander hoek van die vertrek. Gelukkig ken Carlien die meeste van die mense teenwoordig en voel gou tuis.

    Ek weet nie waar Wouter op hierdie stadium is nie, maar hy sal seker nou by ons aansluit. Ek gaan net gou kyk na die laaste afronding van die kos.

    Sy stap weg en Carlien draai na Hans, hulle oudste seun. Aan sy sy staan sy vrou van die laaste drie jaar en hulle lyk nog net so gelukkig soos toe sy die paartjie die eerste keer vyf jaar gelede ontmoet het.

    O, hier is Wouter nou, se Hans. Carlien draai om om die nuwe man te ontmoet en sy stol in haar spore.

    Bloed druis in haar ore en die speeksel verdwyn uit haar mond. Die noodlot moet grynslag. Hoekom anders sal sy dieselfde man twee keer op een dag raakloop? Veral een wat hardnekkig weier om uit haar gedagtes verban te word. Sy ruk haarself reg. Wat makeer haar? Sy het nog nooit oor 'n man op loop gegaan nie, en nou staan sy hier en staar die man oopmond aan asof sy nog nooit 'n man gesien het nie en niks gewoond is nie. Hans trek die man nader.

    Ontmoet my pa se vriendin en kollega. Hy bly 'n oomblik stil. Maar julle behoort mekaar te ken? Albei skud gelyktydig hulle koppe in ontkenning.

    Ongelukkig nie. Die vonkel in sy oog ontgaan Carlien nie en onwillekeurig pluk haar mondhoeke boontoe. Ja dis miskien beter dat hulle ontmoeting van die oggend liewer vergete bly. Dis nou as hy enigsins daarvan onthou.

    "Nou ja, Carlien, dit is Wouter Scholtz

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1