Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kaar
Kaar
Kaar
Ebook233 pages1 hour

Kaar

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Hierdie omvangryke digbundel, Marlene van Niekerk se eerste digbundel in 30 jaar, sluit gedigte in wat wissel tussen pragtig liries en aangrypend menslik tot sterk satiriese protes- en politieke gedigte. ’n Groot aantal temas word dikwels in fyn besonderhede aangebied – die natuur, voëls, diere, die liefde, die vader, sosiale vraagstukke – en getuig van hierdie digter se veelsydige inslag. Afrikaans word in al sy fasette ingespan en die spel met taal en woorde is telkens verbluffend.

Sowel die inhoud as die gebruik van taal getuig van ’n meesterlike skrywerskap. Ondersoekende denke, sensitiewe waarneming en uitsonderlike uitdrukkingsvermoë bied die leser van Kaar ’n avontuurlike ontdekkingreis deur die wêrelde van mense en diere.
LanguageAfrikaans
Release dateNov 15, 2013
ISBN9780798163033
Kaar
Author

Marlene van Niekerk

Marlene van Niekerk is an award-winning and internationally acclaimed poet and novelist. Her first novel,Triomf, was published in 1995, and Agaat followed ten years later. Her most recent publication is ​Kaar​, for which she received the Hertzog Prize for Poetry. She is currently professor in creative writing at the University of Stellenbosch.

Related to Kaar

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Kaar

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kaar - Marlene van Niekerk

    Kaar

    Marlene van Niekerk

    Human & Rousseau

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Kaar mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir Henda

    Morning without you is a dwindled dawn

    – Emily Dickinson

    I

    Oggend van ’n waterfiskaal

    (Uit die Cederbergsuite)

    Allagot! geglip uit die knukkels

    van hierdie kant se koskans- en hansmaker

    wip die waterfiskaal die oggendkier in,

    kaneeeeeel van verbasing op sy bors,

    onder sy kruidnagelkloutjies die rinkink-rulle

    spiksplinterspuwende Dwarsriviersand,

    tinktuuuuur van manelkwik geveer op sy flanke,

    strak in die frak, die keil platgekam,

    akkelief hy oor die akkers tot die waterkant, kyk! –

    triljarrrrrrrrrrde klein en groot fiskale innie spiekspiegel,

    hokaai kohorte kansvatters

    wat hy konter met pronkstand akimbo,

    knipstert na die kindlig in die oewerkrui,

    en wegstaan, kyk so, eeeeene Ollewagen-onderbaadjie,

    hy is die een en innigste godontglipper

    hier in die prilwilde hoogmakerson,

    !tewiek in sy keel sit sy roepnaam !tewiek

    soos ’n klok in die bergkut, ketoooools

    van die mondsagte môre.

    Seun wat visvang

    (Uit die Cederbergsuite)

    Bruglangs oor die drif by Dwarsrivier,

    die skaduwee loodreg op sy rug van die visstok op sy skouer

    stap ’n vaalhaarseun met sy knapsak na die klipplaat

    by die maalgat om te hengel.

    Sy elmboë wyd vir ewewig, ’n knipmes bloedrooi aan sy riemlus,

    kniekoppe strak in sy kortbroek roer hy af in die bergnaat,

    koponderstebo, hul moet dink dis rietkwas

    wat windvat, jy moet dinge stil hou vir die vis.

    Op pote van muskeljaatkat, so saggies

    land hy aan in die oopte op die hoognoen, sy blaaie matwit,

    ongebreek in sy strot ’n kreet van bestemming, nie eers die sand

    moet jou daarwees kan raai.

    Hy graai in sy sak na die blink katrol wat hy vasklik aan die stok

    en draai om die lyn deur die ogies te ryg, die sinker te weeg

    en te knoop, die hoek in te haak, die wit brood te breek en dit stadig

    te kou soos sy pa die nagmaal, tot dit stram

    op sy tong word soos deeg.

    Uit die regmaak moet hy sweepslag omdraai

    om die bron te verras, sy borsplate strak soos die van ’n lammervanger.

    In die swarthaak roep ’n waterfiskaal, ’n halfslag krink

    hy sy lyf vir die ingooi, sy kop gekantel na die swier

    van die lyn, die plons, die uitkring van rimpels

    tot aan die palmiet, die hele gat in beroering

    totdat alles weer stil word.

    Vinger op die bind om te voel na ’n pluk

    wag hy tussen skadulose klippe, spoeg loop hom lou in die mond.

    Het hy nie gister met die opkom duisend vinne

    langs sy ribbes voel stryk nie? En kon hy nie met die deurbreek

    plathand na die snuite slaan en uitvier met lang hale,

    ’n skool van soetwaterlywe agter hom aan nie?

    Hierdie geelvis is syne en hul weet dit.

    En dan ’n byt, ’n steiering, ’n tong wat uit die bek

    geruk en aangeswengel word, druipend na die kant en gekatrol,

    ’n ondermaatse wat die hengelaar oophand

    om die kiewe pak en langs die sper verby die gleuf inkyk

    tot waar dit rooi om die weerhaak uit die kaakbeen wel, buit wat hy ru

    uit die tuig losbreek want koudbloediges

    voel nie pyn nie sê sy pa, ons heil is bo verwagting

    reeds kant en klaar vir ons verwerf en hierdie vis hoort penskant

    teruggesmak, want vang is alles en besit en kort geniet, die res

    is ons van harte deur die Here kwytgeskeld.

    En so skep die kind die middag lank vis op vis wat hy terugsmyt

    in die gat, die konings, die vasalle, handlangers,

    rooivlerke, bloubekke, silwer karnalle.

    Moeg van heers, sat van geluk, die hengel onverskillig

    slap langs sy knapsak met verveelde brood

    beur hy ’n klipkolom uit die plaat en bom dit in die kuil,

    vee vloekend af wat opskiet oor sy bors,

    onder hom die poel ’n pupil van verskrikking,

    die gras aan die oewer soos wimpers neerflakkerend

    vir ’n nagwaak by verwondes.

    Bruglangs oor die drif by Dwarsrivier,

    sy visstok swart oor sy skouer stap, effens taai in die lies,

    die vaalhaarkind met sy knapsak terug van die maalgat

    na die kamp van karavane en fietse

    waar biere oopgeknak word en lamsnek wentel aan die spit.

    Honger is hy nie, sy mond is dig. Met sy tongpunt

    stryk hy triest ’n rou plek in sy linkerkies, terwyl sy vader

    hande vat en hardop vir die braaivleis bid.

    Rotstekening

    (Uit die Cederbergsuite)

    Wie jou, klein kwaggavul, orent maak staan,

    alleen hier op jou eerste bene,

    ’n geboorte-oomblik soos ’n hand so groot,

    wankel en met lippe van mekaar

    in vars gemekker, oogloos in die eerste lig,

    ’n bek wat onvas na die uier proe,

    wie jou hier inkleur, Equuleus van die Cederberg,

    in die eerste opskik van die agterkwart,

    in die prekêre styfmaak van die voorwerk,

    het ’n rooi balans in die grys

    eenrigtinggrein van klip gewerp,

    ’n swaartekrag van weerloosheid berei

    wat ons, toeriste van vergetelheid

    aaneenryg in ontroering,

    ons met jou eerste skilder bind

    in die onspektakulêre patriotisme van teerheid.

    In ons nawel roer dieselfde kwas,

    rooi-oker, elandvet,

    in ons gesig dieselfde dooie sterre,

    ons wat deur die eeue opkom

    uit die bruin rivier, jou raaksien,

    herbenoem, behoed jou altyd, Celeris,

    snel vibrerende skaduwee

    op hierdie drumpel rots –

    ongeag of jy sterf, jou snoet geplet

    teen die grou gebod van die sterkeres –

    of op ranke bene wegspeel, lieflik, pronkend

    in die wynbruin water van die tyd.

    Soos aan die somerwind die waterbessie

    Niks soos die bewegings van halfopgeskote wesens

    om ’n ouer mensdier te ontroer:

    golwende Augustusgars, kaperjolle van jong katte

    met geveinsde kloue, soggens vullens fratsig

    op lugleegtestelte, lammers in die twielig,

    hul steekse spronge verbyster my bysiende blik

    met ’n oordaad ossillasies teen die swaartekrag.

    Wat presies my hart oorspoel sinds skoppelmaaie,

    brandersry en waaierende duinespronge

    kan ek slegs met ’n omweg dui.

    Ek kies daarvoor ’n aand met ligte wind in Maart,

    sleep ’n stoel onder die waterbessie, twaalf jaar oud,

    vier meter hoog, skuif aan, en reik my hand

    tot aan die bas, palm oop, elmboog gekrom,

    wag tot ek ’n diep vertaling in die skouerpotjie voel

    van takke, bries, verankering, die stam ’n hout

    wat my, my boot, my ster en oewer tot in die bram

    en loef beroer, die koers nog ondeursigtig,

    gaan dan, as die wind bedaar na binne, lamp, tafel,

    wit papier, en sluit my oë, neem pen, kwas,

    snaar, of skaduwee, en skenk so kien ek kan

    vanuit my skouer, so, soos aan die somerwind

    die waterbessie, lig-meegaande, styf-geveer,

    gelate, maar met eiesin haar laster, luister,

    haar geloftes oorgegee het, my lot

    ’n eie inhoudlose eggo, uit my hand

    die blare latend wat verskroei het,

    die ruis opvoerend tot ’n sneeu, toeëienend

    my plek en tyd, alles in my drupkring hoedend,

    wiegend, skommelend, invoelend na die hang

    in swengelbande, sodat ek ooit kan heenvaar,

    skreiend, bloedend, die worp ter wille

    soos wat ek aangekom het.

    Ogentroost

    Alle vlees is gras,

    en al sy aanvalligheid

    soos ’n blom van die veld . . .

    Die gras verdor, die blom verwelk;

    maar die woord van onse God

    hou stand in ewigheid.

    Jesaja 40:6-8

    Al maak dit klaaglied

    en soelaas van die profeet

    nie ongedaan, kan jy (die asem

    gods en volksverdelging

    daargelaat) die biotoop

    van mens en woord

    ter wille van die digter

    nader nuanseer:

    onthou dat ogentroost,

    ’n helmkruid,

    uit gras haar sout

    en water suig.

    Waar kwispelgars

    dus vonkend swenk

    en die sanger met sy staarblou

    blik, sy insig goud gevlek,

    hom heupdiep ín

    tussen die stingels dring

    om die verlangde bron

    en meganiek van die gewemel

    te noteer, vind hy

    oorsprong en geleding

    van liriek: ’n lugtige

    op maat gesnyde

    doodskis vir verlies.

    In halms op papier,

    in hul silwer ladings

    dinamiet wat hy lit

    vir lit in grys grafiet

    betimmer en skarnier

    om na vore dig

    te val en agteroor,

    deur wind bewoë oop

    te skiet, vermoed hy die

    verdorring. Stralend staan

    hy in hul midde, oog

    in oog met die nog onverwelkte

    blom, Euphrasia stricta,

    nederige inhoud,

    onskadelike parasiet.

    Dennebol

    Ek wandel onder hoë krone

    langs stamme wat die berge raam

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1