Vous êtes sur la page 1sur 13

+(,121/,1(

Citation: 2007 J. S. Afr. L. 178 2007 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 07:51:30 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=0257-7747

NEELS

It is sometimes difficult to distinguish if a "secret profit" was made or if a corporate opportunity was taken, and in this case the court made no attempt to do so. It was probably not necessary here, but in some circumstances the distinction is important (eg when ratification is an issue) and it should therefore be kept in mind. MICHELE HAVENGA Unisa

TWEEVOUDIGE LEEMTE: BEVRYDENDE VERJARING EN DIE INTERNASIONALE PRIVAATREG Coutts & Co v Ford 1997 1 ZLR 440 (H) Society of Lloyd's v Price; Society of Lloyd's v Lee 2005 3 SA 549 (T) Society of Lloyd's v Romahn 2006 4 SA 23 (K) Society of Lloyd's v Price; Society of Lloyd's v Lee 2006 5 SA 393 (HHA) 1 In die Coutts-, Price- (T) en Romahn-uitsprake kom verskeie aspekte van bevrydende verjaring in die internasionale privaatreg ter sprake. (Sien par 1617 hieronder oor die Price-saak (HHA).) Die onderhawige bespreking fokus slegs op die oplossing deur die onderskeie regters van die probleem van tweevoudige leemte in hierdie konteks. (Sien vir 'n bespreking van die Price-saak (T) (hierna: "die Price-saak"):Forsyth 'Mind the gap': a practical example of the characterisation of prescription/limitation rules" 2006 Journal of Private InternationalLaw 113.) 2 In al drie die uitsprake was die lex causae van die tersake kontrakte die Engelse reg. (Sien oor die bepaling van die lex causae of "proper law" van 'n kontrak in die Suid-Afrikaanse internasionale privaatreg: Fredericks en Neels "The proper law of a documentary letter of credit" (deel 1) 2003 SA Merc LJ 63.) In die Zimbabwiese uitspraak ('n beslissing van die hooggeregshof van Harare) is die eisoorsaak gebaseer op die kontrak self; in die Suid-Afrikaanse uitsprake op 'n beslissing van 'n bevoegde Britse hof wat weer op die onderskeie kontrakte gebaseer was. In al die gevalle was die tersake Engelse verjaringstermyn ses jaar (a 5 en a 24(1) van die Limitation Act van 1980) en die Suid-Afrikaanse (a 11(d) van die Verjaringswet 68 van 1969) of Zimbabwiese termyn (a 14 van die Prescription Act (Chapter 8:11)) drie jaar. (Sou die buitelandse vonnis onder a 1I(a)(ii) van die Suid-Afrikaanse Verjaringswet val, is die toepaslike termyn dertig jaar - sien par 3.) Die eise is ingestel meer as drie jaar maar minder as ses jaar nadat verjaring begin loop het. Die howe het dus voor die taak gestaan om te beslis of die Engelse of die Suid-Afrikaanse, al dan Zimbabwiese, regstelsel verjaring sou beheers. 3 In hierdie bespreking word nie ingegaan op die vraag of die vonnis van 'n buitelandse hof onder die bepalings van artikel 1l(a)(ii) van die Verjaringswet (dit verwys na 'n vonnisskuld" / "any judgment debt") val nie. Die regters in TSAR 2007.1

[ISSN 0257-7747]

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 178 2007

TWEEVOUDIGE LEEMTE

die Suid-Afrikaanse sake neem teenoorgestelde standpunte hieroor in. In die Price-saak word beslis dat die vonnis van 'n buitelandse hof nie daaronder val nie (sien par 40) maar in die Romahn-saak dat dit wel daaronder sou val as die Suid-Afrikaanse reg van toepassing was (sien par 91-94; dieselfde standpunt word deur Forsyth "Mind the gap" 123-124 gehuldig). Daar word ook vir doeleindes van hierdie bespreking aanvaar (soos in al drie die uitsprake: sien die Coutts-saak 443C en E, die Price-saak par 35-37 en die Romahn-saak par 90) dat slegs die interne buitelandse klassifikasie in ag geneem word vir doeleindes van kategorisering lege causae (vgl Forsyth "Mind the gap" 119-121). (Vir die teenoorgestelde standpunt, sien Neels "Classification as an argumentative device in international family law" 2003 SALJ 883 890.) 4 Die volgende was die situasie wat die howe moes hanteer in die sake onder bespreking: Die verjaringsrels van die Engelse reg is swak of prosedureel omdat dit bloot die remedie uitwis en nie die onderliggende skuld nie. (Sien bv Collins (red) I Dicey and Morris on the Conflict of Laws (2000) 172.) Die Suid-Afrikaanse en die Zimbabwiese verjaringsre~ls is sterk of substantief omdat dit beide die remedie en die onderliggende skuld uitwis. (Sien Kdihne & Nagel AG Zarich v APA Distributors (Pty) Ltd 1981 3 SA 536 (W) 538B539A (bespreek deur Forsyth "Extinctive prescription and the lexfori: a new direction?" 1982 SALJ 16); Laconian Maritime Enterprises Ltd v Agromar Lineas Ltd 1986 3 SA 509 (D) 5231-524A (bespreek deur Forsyth "Enforcement of arbitral awards, choice of law in contract, characterization and a new attitude to private international law" 1987 SALJ 4; Faul "Klassifikasie en internasionale privaatreg" 1987 TSAR 246; Spiro "Limitation of action and the conflict of laws" 1988 THRHR 34; en Eiselen "Laconian revisited - a reappraisel of classification in conflicts law" 2006 SALJ 146); Laurens v von Hohne 1993 2 SA 104 (W) 118F-G en 121D (bespreek deur Neels "Via media classification in private international law" 1994 THRHR 687; sien ook Neels "Die voorlopige regsoordeel in die internasionale privaatreg" 1994 Stell LR 288 295-297); Minister of Transport Transkei v Abdul 1995 1 SA 366 (N) 368HI; die Coutts-saak 442-443; die Price-saakpar 29-31; die Romahn-saak par 30.) (Indie Romahn-saak word die teenstelling soms gemaak tussen "whether prescription extinguishes the action or simply bars the institution of an action to enforce it" (sien bv par 30). In die lig van die bewoording van die Verjaringswet (a 10(1): 'n skuld [word] deur verjaring uitgewis" / "a debt shall be extinguished by prescription" en a 11: "skulde" / "debts") is die teenstelling egter tussen die uitwissing van die onderliggende skuld of van bloot die remedie. Sien par 88 vir die myns insiens korrekte formulering: "[T]he South African prescription regime is substantive, thereby causing the relevant debts to be extinguished rather than simply time-barred, as is the case in the English limitation regime" (sien ook par 84 en vgl par 57).) Dieselfde situasie het voorgekom in die Laconian- (523G-5241 en 5301-J) en Abdul-sake (368-371). 5 Die Suid-Afrikaanse en die Zimbabwiese reg klassifiseer die Engelse verjaringsrefls op dieselfde wyse as die Engelse reg, omdat dieselfde onderskeidende kriterium in hierdie verband gebruik word (met verwysing na die remedie en die onderliggende skuld - par 4). Die bedoelde kriterium is dan ook uit die Engelse reg afkomstig (sien Van Rooyen Die Kontrak in die Suid-Afrikaanse Internasionale Privaatreg(1972) 205-206 en 210-212). (In die Kahne-uitspraak aanvaar die regter vir doeleindes van die uitspraak dat die verjaringsre~ls van TSAR 2007.1

[1SSN 0257-7747]

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 179 2007

1 SU

NEELS

die lex causae van 'n substantiewe aard was (volgens beide die lexfori en die lex causae) (539A-E). In die Laurens-saak is die situasie ter sprake dat die lex causae van die kontrak die eie verjaringsreels as substantief klassifiseer maar dat di6 reels volgens die Suid-Afrikaanse reg as prosedureel beskou sou word (121D-E).) 6 In die Lacanion-saak word lex fori-klassifikasie toegepas (sien 518C-D, 520A-B, 521A en 5231) maar die deur word oopgelaat vir 'n ander benadering in ander tipe situasies:
"[T]he general rule of South African private international law is that classification is done in terms of the lex fori. As I do not believe that there are any grounds for departing from this general rule in this matter, I propose to apply it. Whilst it would no doubt be more satisfactory to be able to state the rule and its qualifications, I do not believe it necessary to do so in this case - that is assuming it to be capable of being stated precisely" (521A-B).

Sommige dicta in die uitspraak is egter sodanig wyd geformuleer dat die meeste kommentatore van mening is dat die uitspraak eerder steun aan die verligte lex fori-benadering (van Kahn-Freund General Problems of Private International Law (1976) hfst 9) of selfs via media-klassifikasie verleen (sien Edwards-Kahn "Conflict of laws" in 11.2 LAWSA (2003) par 285 n 10; Forsyth "Enforcement" 10-11; Kahn "Conflict of laws" in Corbett, Hofmeyr en Kahn The Law of Succession in South Africa (2001) 579 596; Schoeman "South Africa" in Verschraegen (red) Private International Law in Blanpain (alg red) International Encyclopaedia of Laws (losblad 2001) par 60; vgl die Laurens-saak
117C-D). (In Transol Bunker BV v MV Andrico Unity; Grecian-Mar SRL v MV Andrico Unity 1989 4 SA 325 (A) wend die hof lexfori-klassifikasie aan weens die verpligte toepassing van die Engelse reg in hierdie verband uit hoofde van a 6(l)(a) van die Wet op die Reeling van Admiraliteitsjurisdiksie 105 van 1983.) Die Ktihne- en Abdul-uitsprake kan sonder twyfel gelees word as steun vir die verligte lex fori- of die via media-benadering (sien die Laurens-saak 11 8H en Neels "Via media classification" 688 oor die Kuihne-uitspraak). 7 Die via media-klassifikasietegniek van die Kanadese skrywer Falconbridge word egter vir die eerste maal uitdruklik deur regter Schutz in die Laurensuitspraak aanvaar (sien veral 1 16H-1 17E). (In Lesotho is die via media-benadering reeds vroeer in Mohapi v Motleleng siviele saak 15 van 1988 (CA) (ongerapporteer) (bespreek in Kalula en Kumar "Current legal developments: Lesotho" 1989 CILSA 248) toegepas in die konteks van die internasionale familie- en erfreg.) Regter Schutz formuleer die tersake benadering (met behulp van die samevattings van die teorie van Falconbridge deur Suid-Afrikaanse skrywers (sien 1 16F-1 17A)) soos volg:
"Falconbridge'sapproach is a via media according to which the Court has regard to both the lex fori and the lex causae before determining the characterisation. According to him, although the matter is one for the law of the forum, the conflict rules of the forum should be construed 'sub specie orbis', that is from a cosmopolitan or world-wide point of view, so as to be susceptible of application to foreign domestic rules .... In doing so it will pay full attention to the 'nature, scope and purpose' of the foreign rule in its context of foreign law. What the forum should do, so it is contended, is to make a provisional characterisation having regard to both systems of law applicable, followed by a final characterisation which takes into account policy considerations" (I 16H- I117A).

Volgens Kahn moet die laaste sin eerder lees: "[What the forum should do, is

TSAR 2007 -1

[ISSN 0257-7747]

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 180 2007

TWEEVOUDIGE LEEMTE

to] make a provisional characterisation by all possible foreign leges causae before finally selecting the appropriate lex causae, taking into account policy considerations" ("Conflict of laws" 1993 Annual Survey 783 788; sien ook die Laconian-saak 518J-519A: "each potentially applicable legal system"). Die kommentaar word in die algemeen onderskryf maar in casu was daar inderdaad slegs twee regstelsels wat oorweeg moes word met betrekking tot al die aangeleenthede wat klassifikasie behoef het (die bewyslas, die reels van die bewysreg en bevrydende verjaring): die lex causae van die kontrak (wat substantiewe aangeleenthede beheers) en die lex fori (wat prosedurele aangeleenthede beheers) (sien reeds Neels "Classification as an argumentative device" 884 n 14). In elk geval is duidelik dat die via media-tegniek 'n keuse behels tussen klassifikasie lege fori en lege causae op grond van beleidsoorwegings. (Die volgende is die bydraes van Falconbridge op die gebied van klassifikasie in die internasionale privaatreg: "Characterization in the conflict of laws" 1937 Law Quarterly Review 235 en 537; "Conflict of laws: examples of characterization" 1937 Canadian Bar Review 215; "Conflict rule and characterization of question" 1952 Canadian Bar Review 103 en 264; Essays on the Conflict of Laws (1954) hfst 3, 4, 12 en 13. Inleidende besprekings van die teorie kan gevind word in Forsyth Private InternationalLaw. The Modern RomanDutch Law including the Jurisdictionof the High Courts (2003) 76-81 en Turpin "Characterization and policy in the conflict of laws" 1959 Acta Juridica 222. Ongeag die wye diskresie wat 'n regter onder via media-klassifikasie geniet (sien Neels "Via media classification" 689-690), beskou Schulze die benadering steeds as formalisties en meganies. Hy doen 'n volledig diskresionre benadering aan die hand: sien sy "Formalistic and discretionary approaches to characterization in private international law" 2006 SALJ 160.) 8 Die howe in al drie die sake onder bespreking (sien die Coutts-saak 445C; die Price-saak soos gefnterpreteer deur Forsyth "Mind the gap" 119 en die Romahn-saak par 84) aanvaar die via media-tegniek soos aangewend in die Laurens-saak. Regter Chidyausiku in die Coutts-saak gee te kenne: "I find myself in agreement with the via media approach. It appears to me to be more enlightened and likely to achieve international comity. It is more amenable to the achievement of the balance of convenience and justice on the facts of any individual case" (445C). 9 Die tipe klassifikasietegniek wat in die onderhawige konteks aanvaar word, oefen egter geen invloed op die resultaat uit nie aangesien beide klassifikasie lege fori en klassifikasie lege causae tot die verskynsel van leemte ("gap") lei (sien hieroor in die algemeen Bennett "Cumulation and gap: are they systemic defects in the conflict of laws?" 1988 SALJ 444; sien ook my onderskeid tussen formele en substantiewe leemte in Neels "Classification as an argumentative device" 891 - in casu het ons te make met 'n leemte van beide 'n formele en 'n substantiewe aard). (In die Laurens-saak het lex causae-klassifikasie van die verjaringsre~ls nie tot leemte gelei nie en is op daardie klassifikasie besluit met gevolglike toepassing van die lex causae van die kontrak (121D-F soos interpreteer deur Neels "Via media classification" 691-692). In die feitelike situasie van die Kahne-saak sou beide lex fori- en lex causae-klassifikasie tot die toepassing van die lex causae van die kontrak gelei het.) 10 Die verskynsel van leemte dien dit soos volg aan in die drie sake onder bespreking, asook in die Laconian-uitspraak:Onder klassifikasie legefori is die

[ISSN 0257-7747]

TSAR 2007.1

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 181 2007

NEELS

Suid-Afrikaanse (Zimbabwiese) verjaringsre~ls nie van toepassing nie omdat dit volgens die onderskeidende kriterium van die Suid-Afrikaanse (Zimbabwiese) reg in hierdie verband van 'n substantiewe aard is terwyl substantiewe aangeleenthede volgens die internasionale privaatreg van die forum deur die lex causae van die kontrak (die Engelse reg) beheers word. Die Engelse verjaringsreels is ook nie van toepassing nie omdat dit volgens die onderskeidende kriterium van die Suid-Afrikaanse (Zimbabwiese) reg in hierdie verband van 'n prosedurele aard is terwyl prosedurele aangeleenthede volgens die internasionale privaatreg van die forum deur die lex fori (die Suid-Afrikaanse of Zimbabwiese reg) beheers word. Onder klassifikasie lege causae is die SuidAfrikaanse (Zimbabwiese) verjaringsrefls steeds nie van toepassing nie omdat dit volgens die onderskeidende kriterium van die Suid-Afrikaanse (Zimbabwiese) reg in hierdie verband van 'n substantiewe aard is terwyl substantiewe aangeleenthede volgens die internasionale privaatreg van die forum deur die lex causae van die kontrak (die Engelse reg) beheers word. Die Engelse verjaringsreels is weer nie van toepassing nie omdat dit volgens die onderskeidende kriterium van die Engelse reg in hierdie verband van 'n prosedurele aard is terwyl prosedurele aangeleenthede volgens die internasionale privaatreg van die forum deur die lex fori (die Suid-Afrikaanse of Zimbabwiese reg) beheers word. (Sien die Laconian-saak 523G-5241 en 5301-J; die Coutts-saak 442-446; die Price-saak par 27-38; die Romahn-saak par 25-94.) (Die Abdul-saak handel oor 'n soortgelyke situasie in die konteks van 'n vervaltermyn met betrekking tot 'n deliktuele skuld; die lex causae van die onregmatige daad was "die reg van Transkei".) Beide klassifikasie legefori en klassifikasie lege causae lei tot 'n leemte omdat altwee regstelsels verjaringsrels op dieselfde wyse klassifiseer: prosedureel as dit slegs die remedie uitwis, maar substantief as dit ook die onderliggende skuld uitwis (sien par 4 en 5). Hierdie verskynsel sou 'n tweevoudige leemte" of '"n dubbele leemte" ("double gap") genoem kan word. 11 Die uitsprake verskil ten aansien van die oplossing van die probleem van 'n tweevoudige leemte. Forsyth het reeds ten aansien van 'n leemte en die teenoorgestelde verskynsel van kumulasie aan die hand gedoen dat die howe 'n ingeligte keuse (onder meer met inagneming van die ideaal van internasionale harmonie van beslissing) tussen die alternatiewe leges causae (hier die lex fori en die lex causae van die kontrak) sal moet uitoefen (Forsyth "Enforcement" 13-14, sien ook "Mind the gap" 123; vgl Bennett 455-456). (Ander moontlikhede sou wees dat die skuld nooit verjaar nie (onaanvaarbaar sien bv Dicey and Morris 174; Forsyth "Extinctive prescription" 20; die Laconian-saak 524C-F; die Romahn-saak par 32, 42 en 77) of dat die kortste of die langste van die twee tersake termyne moet geld. In die Kahne-saak word obiter opgemerk dat in die geval van kumulasie van verjaringsre&Is (dit is 'n situasie wat nie onder die huidige Verjaringswet met substantiewe verjaringsrels kan voorkom nie) die kortste termyn van die lex fori en die lex causae moet geld (538A-B). Die vergelykbare dictum op 539A-B handel oor die situasie waar beide regstelsels verjaring as 'n substantiewe aangeleentheid beskou; in die betrokke geval is daar egter geen sprake van 'n leemte of kumulasie nie.) 12 Regter Booysen in die Laconian-saak (524E-G), regter Alexander (r Thirion instemmend) in die Abdul-saak (369F-G) en regter Mynhardt in die PriceTSAR 2007. 1

[ISSN 0257-7747]

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 182 2007

TWEEVOUDIGE LEEMTE

saak (par 38) kies die lexfori as die ad hoc-oplossing en beslis dus dat die SuidAfrikaanse verjaringsrels moet geld. 13 Regter Chidyausiku in die Coutts-saak (445D-446B) en regter Van Zyl in die Romahn-saak (par 77-89) beslis egter dat die verjaringsrels van die lex causae ("proper law") van die kontrak (in beide sake die Engelse reg) moet geld. Regter Van Zyl gee te kenne:
"[I]t is for this court to decide how it should fill the lacuna, void or 'gap' arising from the absence of any rule or principle governing the particular situation" (par 77). "If the facts and circumstances of the particular case are such... that the existing rules and principles do not provide an obvious classification, category or characterisation... [tihe court will... have to decide on a policy approach which will achieve a just, fair and reasonable result in the light of all such facts and circumstances" (par 73). "There is, in my respectful view, no room in our law, or in private international law generally, for a convenient ad hoc solution such as that held in the Laconian and Price matters" (par 86).

(Vgl mbt par 73 die better law-benadering tot die internasionale privaatreg van Juenger Choice of Law and Multistate Justice (1993), bespreek in Neels "Via media classification" 693-694, "Substantiewe geregtigheid, herverdeling en begunstiging in die internasionale familiereg" 2001 TSAR 692 693 en "Classification as an argumentative device" 885 en 892-894; sien ook Fredericks "The proper law of the international contract of employment: interpreting the Kleinhans decision" 2006 SA Merc LJ 75 78.) 14 Die keuse van regters Chidyausiku en Van Zyl word onderskryf. Dit is wel so dat toepassing van die lex fori meer gerieflik sou wees vir plaaslike praktisyns en ons howe. ("Simplification of the judicial task" word inderdaad deur Leflar, McDougal en Felix in American Conflicts Law (1986) 290-300 (vandag McDougal, Felix en Whitten American Conflicts Law (2001) 357-372) as een van die vyf "choice-influencing considerations" in die internasionale privaatreg gelys; die ander vier is: "predictability of result, maintenance of interstate and international order; advancement of the forum's governmental interest; application of the better rule of law".) Die volgende sewe redes vir toepassing van die lex causae ("proper law") van die kontrak in die konteks van tweevoudige leemte is myns insiens egter deurslaggewend: 14.1 In al die ander voorsienbare situasies in die konteks van bevrydende verjaring in die internasionale privaatreg (dus: waar geen tweevoudige leemte voorkom nie) sal via media-klassifikasie waarskynlik lei tot die toepassing van die verjaringsrefls van die lex causae van die kontrak. Die ander situasies waarna verwys word is die volgende: (a) die bevrydende verjaringsre~ls van die lex causae is substantief ingevolge beide die lex causae en die lexfori (sien die Kahne-uitspraak); (b) die bevrydende verjaringsrefls van die lex causae is substantief ingevolge die lex causae maar sou as prosedureel geklassifiseer word volgens die lexfori (sien die Laurens-saak);en (c) die bevrydende verjaringsrefls van die lex causae is prosedureel ingevolge die lex causae maar sou as substantief geklassifiseer word volgens die lexfori (hierdie situasie het nog nie in die regspraak voorgekom nie). Dit sal tot regsekerheid lei indien ook in die geval van tweevoudige leemte (die bevrydende verjaringsrels van die lex causae is prosedureel ingevolge beide die lex causae en die lexfori) die lex causae toegepas word. (Hierdie aangeleentheid sal in groter detail bespreek word in 'n publikasie met die titel "Classification and liberative prescription in private TSAR 2007-1

[ISSN 0257-77471

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 183 2007

NEELS

international law: the experience with a Canadian doctrine in Southern Africa". Dit is reeds as referaat gelewer by die Universiteit van Namibi , die Yeditepe Universiteit (stanbul, Turkye) en die Universiteit van Antwerpen (Belgie) op respektiewelik 1 Julie en 22 en 29 Oktober 2003 en word na verwys in Society of Lloyd's v Price; Society of Lloyd's v Lee (HHA) - sien par 16-17 hieronder.) 14.2 Die lex causae van die kontrak beheers in alle ander gevalle die ontstaan en tenietgaan van kontraktuele regte en verpligtinge. Die posisie behoort dieselfde te wees met betrekking tot bevrydende verjaring. In die Coutts-saak word in hierdie verband opgemerk: "[Clonsiderations of international comity are better served by our courts recognising as valid and effective this debt which is recognised as such by the lex causae as opposed to applying substantive rules of the lexfori which themselves deny their own applicability" (446A). In die Romahn-saak word vermeld:
"In the present matter the parties agreed that their rights and obligations would be governed by and construed in accordance with English law" (par 85). "It is clear that English law is the lex causae in that it is the legal system with which the underlying transactions between the parties have their closest connection. It follows that the rule relegating matters of procedure to the lex fori, being South African law, must be critically examined and appraised before simply applying it to the facts of this case" (par 84).

14.3 Die toepassing van die lex causae van die kontrak sluit die nouste aan by die legitieme verwagtinge van die partye. Waarskynlik word hierna verwys in die volgende dictum uit die Coutts-saak:
"The policy underlining the law of prescription is that there should be finality to litigation and that the law should not assist the tardy litigant. In my view, this same policy does not demand the non-suiting of a foreign litigant approaching our court on a cause which his law regards as good and sustainable and who according to his own law is acting expeditiously and within the prescribed period for acting" (445G-H).

14.4 Die toepassing van die lex causae van die kontrak voorkom sogenaamde forum-shopping wat veral in die konteks van bevrydende verjaring as 'n euwel beskou kan word (sien bv Australian Law Reform Commission Choice of Law (Report No 58) (1992) 130-13 1). 14.5 Die meeste state w~reldwyd beskou bevrydende verjaring as 'n aangeleentheid wat deur die lex causae van die kontrak beheers moet word ongeag die klassifikasie van die verjaringsrefls in daardie regstelsel. Dit sluit die meeste van die belangrikste handelsvennote van Suid-Afrika in. Hierdie feit is belangrik vir die handhawing en bevordering van goeie handelsbetrekkinge en in die lig van die ideaal van internasionale harmonie van beslissing in die internasionale privaatreg (sien in die algemeen Forsyth Private InternationalLaw 64-66 en Juenger "The need for a comparative approach to choice-of-law problems" 1999 Tulane Law Review 1309). Daar word in die besonder na die volgende relings verwys: 14.5.1 Die Convention on the Law Applicable to Contractual Obligations(Rome, 1980), van toepassing in die state behorende tot die Europese Unie, bepaal in artikel 10(1)(d) dat die lex causae van die kontrak verjaring beheers. (Die Konvensie van Rome is by wyse van die Contracts (Applicable Law) Act van 1990 in die Engelse reg inkorporeer. Dieselfde beginsel met betrekking tot buitelandse TSAR 2007.1

[ISSN 0257-7747]

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 184 2007

TWEEVOUDIGE LEEMTE

verjaringsre~ls was reeds deel van die Engelse reg sedert die inwerkingtreding van die ForeignLimitation Periods Act van 1984.) Die posisie sal dieselfde bly onder die voorgestelde Rome (I)-regulasie (a 1I(1)(d) van die Proposalfora Regulation of the European Parliamentand the Council on the Law Applicable to Contractual Obligations (Rome I) Brussel 15 Desember 2005 COM (2005) 650final2005/0261 (COD) opgestel deur die Europese Kommissie). (Oor die hersiening van die Konvensie van Rome, sien Neels en Fredericks "Revision of the Rome Convention on the Law Applicable to Contractual Obligations (1980): Perspectives from international commercial and financial law" 2004 EUREDIA Revue europeenne de droit bancaireetfinancier/ EuropeanBanking and FinancialLaw Journal173, ook gepubliseer in 2006 TSAR 121.) 14.5.2 Die common law-lande beweeg weg van die onderskeid vir doeleindes van die internasionale privaatreg tussen sterk (substantiewe) en swak (prosedurele) verjaringsrefls uit die pre-Europese Engelse reg. Die hoogste howe van Kanada (sien Tolofson v Jensen 1994 3 SCR 1022) en Australi6 (sien John Pfeiffer Pty Ltd v Rogerson 2000 HCA 36) het reeds beslis dat die lex causae bevrydende verjaring beheers. (In Qu6bec geld dieselfde posisie uit hoofde van a 3131 van hulle Burgerlike Wetboek. Die Australiese beslissing is voorafgegaan deur verskeie statut~re maatrels met soortgelyke inhoud deur die wetgewers van die onderskeie state: sien Tilbury, Davis en Opeskin Conflict of Laws in Australia (2002) 342 n 86.) In Nieu-Seeland bepaal artikel 28B en 28C van die Limitation Act van 1950 vandag dat die lex causae bevrydende verjaring beheers mits die lex causae die regstelsel is van een van die state van AustraliE 6f die Verenigde Koninkryk 6f 'n land ingevolge die wet aangewys. (Sien reeds die voorstelle in Goddard (red) Conflict of Laws - The International Element in Commerce and Litigation (seminaar van die New Zealand Law Society) (1991) 57. Sien verder Tobin en Schoeman "The New Zealand accident compensation scheme: the statutory bar and the conflict of laws" 2005 The American Journalof Comparative Law 493.) In Maleisi argumenteer akademici vir 'n soortgelyke reeling as di& in Australi (sien Hickling en Aun Conflict of Laws in Malaysia (1995) 37-38). 14.5.3 Die beginsel dat die lex causae bevrydende verjaring beheers (ongeag die klassifikasie van die verjaringsrefls in die lex causae) het w~reldwyd steun. (Sien bv a 19(1) van die IPR-kode van Asserbeidjan (vert in 2003 Praxis des Internationalen Privat- und Verfahrensrecht 386); a 39 van die Burgerlike Wetboek van Macao (vert in 2000 Yearbook of Private International Law 343); a 147 van die Roemeense IPR-kode (vert in 1994 Rabels Zeitschriftffar ausldndisches und internationalesPrivatrecht[RabelsZ] 534) (Roemeni is kandidaat vir lidmaatskap van die Europese Unie); a 148(1) van die Switserse IPR-kode (sien Honsell, Vogt en Schnyder Internationales Privatrecht (1996) 1099); a 64(6) van die IPR-kode van Tunisie (vert in Kropholler ea (reds) Auflereuropdische IPR-Gesetze (1999) 855); a 7 van die Turkse IPR-kode (vert in 1982 Zeitschriftifr Rechtsvergleichung 173) (Turkye is kandidaat vir lidmaatskap van die Europese Unie); a 2099 van die Burgerlike Wetboek van Peru (vert in 1985 RabelsZ 522); a 1208 van die Burgerlike Wetboek van Rusland (vert in 2002 Yearbook of Private InternationalLaw 349); en a 1183 van die Burgerlike Wetboek van Uzbekistan (vert in Kropholler ea (reds) 914). Sien ook a 12(g) van die Convention on the Law Applicable to Contracts for the InternationalSale of Goods (Den Haag, 1986) en a 73 van die "Model Law TSAR 2007-1

[ISSN 0257-77471

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 185 2007

NEELS

of Private International Law of the People's Republic of China (sixth draft 2000)" 2001 Yearbook of Private International Law 349 (opgestel deur die Chinese Society of Private InternationalLaw).) 14.5.4 'n Vyftal Amerikaanse state (Colorado, Montana, Noord-Dakota, Oregon en Washington) bepaal per wetgewing (die Uniform Conflict of Laws-Limitations Act 12 ULA 56 (1988)) dat die lex causae bevrydende verjaring beheers. Dit wil egter voorkom dat in die ander Amerikaanse state die lex fori dikwels toegepas word. (Sien Scoles, Hay, Borchers en Symeonides Conflict of Laws (2000) 125-134; Symeonides, Perdue en von Mehren Conflict of Laws: American, Comparative, International(1998) 371-378; Weintraub Commentary on the Conflict of Laws (1986) 56-66.) 14.6 Behalwe in die geval van die geskrifte van Huber (sien bv Heedensdaegse Rechtsgeleertheyt 1.3.29: "[I]f, however, the claim is made here [in Friesland], then the Hollander must also submit to prescription, for that appertains to the right of action, and does not go to the root of the transaction" - vert Gane), steun die gemeenregtelike bronne 'n substantiewe klassifikasie van verjaring vir doeleindes van die internasionale privaatreg (sien Van Rooyen 12, 17-18, 21 en 23-24). Van der Keessel verwerp die standpunt van Huber uitdruklik: "Maar as ek dit wel het, is daardie standpunt onaanvaarbaar indien daardie comitas waaroor ons dit gehad het eenmaal erken is" (PraelectionesIuris Hodierni97 ad Theses Selectae40- vert Gonin). Vir doeleindes van die interne Romeins-Hollandse reg is verjaring as substantief geklassifiseer (sien Gauntlett (red) Opuscula Miscellanea: Regsgeleerde Lesings en Adviese van J C de Wet (1979) 104) en dit is vandag ook die posisie in die huishoudelike Suid-Afrikaanse reg (sien par 4). 14.7 Suid-Afrikaanse akademici is van mening dat bevrydende verjaring deur die lex causae van die kontrak beheers moet word (sien Van Rooyen 210-212; Neels "Classification and liberative prescription"; Eiselen 157-159; vgl Spiro 40; Edwards-Kahn par 343 n 31 (wetgewing voorgestel); Forsyth "Mind the gap"; Loubser Extinctive Prescription(1996) 213). Dit wil voorkom dat ook die "vader" van die via media-klassifikasietegniek 'n voorstander was van die toepassing van die lex causae van die kontrak in hierdie konteks (sien Falconbridge Essays hfst 12). 15 Die onderhawige bespreking het in beginsel slegs betrekking op die problematiese situasie wat as tweevoudige leemte beskryf is. Uit die sewe redes hierbo gelys, blyk myns insiens ook dat dit verkieslik sou wees om die huidige gekompliseerde proses van klassifikasie te vervang met die eenvoudige rel dat bevrydende verjaring deur die lex causae beheers moet word, ongeag die klassifikasie van daardie verjaringsrels in die lex causae as substantief, prosedureel of andersins. Regsekerheid is tog veral in die konteks van bevrydende verjaring van die hoogste belang (sien bv Loubser "Towards a theory of extinctive prescription" 1988 SALJ 34 52-53; Valk Rechtsverwerking in Drievoud (1993) 71-76; Zimmermann Comparative Foundations of a European Law of Set-Off and Prescription(2002) 75; vgl die Coutts-saak 445G). Uiteraard bly die openbare beleid steeds 'n ontsnappingsmeganisme ook van di6 voorgestelde rel, byvoorbeeld in die geval van uitsonderlike kort of lang verjaringstermyne. (Sien die reeling in a 4 van die Uniform Conflict of Laws-Limitations Act 12 ULA 56 (1988): die reg van dieforum mag toegepas word indien die verjaringstermyn van die lex causae wesenlik verskil van di& in die lexfori "and has not afforded a fair opportunity to sue upon, or imposes an unfair burden in deTSAR 2007 -1

[ISSN 0257-77471

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 186 2007

TWEEVOUDIGE LEEMTE

fending against, the claim". Vgl a 2(1) van die Foreign Limitation Periods Act van 1984. Sien verder Dicey and Morris 174-175 mbt aspekte van verjaring waar die lex fori steeds van belang mag wees. Oor die rol van die openbare beleid in die internasionale privaatreg in die algemeen, sien Forsyth Private InternationalLaw 109-111.) 16 Na voltooiing van die onderhawige bespreking, het die hoogste hof van apprl uitspraak gelewer in Society of Lloyd's v Price; Society of Lloyd's v Lee. Apprlregter Van Heerden (p Howie, ar Scott, ar Zulman en wn ar Cachalia instemmend) aanvaar daarin via media-klassifikasie as gepas in die tipe aangeleentheid ter sprake:
"Not only does it take cognisance of both the lexfori and the lex causae in characterising the relevant legal rules, but it also enables the court, after this characterisation has been made, to determine in a flexible and sensitive manner which legal system has the closest and most real connection with the dispute before it" (401E-F; sien weer die verwysing na die better lawbenadering van Juenger in par 13 hierbo).

Die apprlregter aanvaar die mening van die hof a quo (par 35-37; sien ook die Coutts-saak 443C en E en die Romahn-beslissing par 90) dat die interne klassifikasie van die Engelse verjaringsrels (nl as prosedureel omdat dit nie die onderliggende reg nie maar slegs die tersake remedie uitwis - sien par 10) in hierdie verband in ag geneem moet word (par 18-21). Dit laat die hof met die verskynsel van 'n tweevoudige leemte, soos hierbo (par 10) omskryf (sien par 22, 26, 31 en 32 van die uitspraak). Vanuit die tersake regstelsels moet 'n hof dan di regstelsel kies wat die nouste aan die onderhawige aangeleentheid verbonde is (par 26) - naamlik di6 van bevrydende verjaring (par 28 en 32). Voorkeur vir die lexfori moet hierby vermy word (par 26). Daarenteen moet die keuse van die gepaste regstelsel "sensitive to considerations of international harmony or uniformity of decisions, as well as the policies underlying the relevant legal rule" (par 27) wees. In hierdie verband is twee oorwegings deurslaggewend. Die eerste hiervan word soos volg verwoord:
"Considerations of international uniformity of decisions suggest that claims which are alive and enforceable in terms of the law of the country under which such claims arose should as a general rule also be enforceable in South Africa. By virtue of the abovementioned clauses 2.1 and 2.2 of the General Undertaking, English law is the system governing the creation, operation, interpretation and enforcement of the rights of the parties. It seems logical that English law is also the legal system which has the closest and most real connection with the question of the extinction or non-enforceability of such rights because of the expiry of a prescription/limitation period, irrespective of whether the particular prescription/limitation statute is characterised as being merely remedy-barring or extinctive" (405D-F sien ook par 14.2 hierbo).

Die tweede oorweging wat apprlregter Van Heerden in ag neem, is die feit dat verjaringsrels "are increasingly characterised as substantive for the purposes of private international law" (4051). Sy verwys in hierdie verband na die posisie in die Europese Unie en na die ontwikkelings in die common law-lande (par 29 van die uitspraak; sien par 14.5.1-2 hierbo). Die slotsom is soos volg:
"It follows that, in my view, considerations of policy, international harmony of decisions, justice and convenience require the dilemma of the 'gap' in the present case to be resolved by dealing with the issue of prescription in terms of the relevant limitation provisions of the lex causae, the English law" (406F).

[ISSN 0257-7747]

TSAR 2007-1

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 187 2007

SCOTT

Die verweer van verjaring is gevolglik onsuksesvol (die ander verwere, in verband met die openbare beleid en die internasionale jurisdiksie van die Engelse hof, misluk ook: sien par 33-49). Omdat die Engelse reg verjaring beheers, is dit onnodig om te beslis of 'n buitelandse vonnis onder die bepalings van artikel 1 (a)(ii) van die Verjaringswet val (par 31). 17 Dit is verleidelik om die uitspraak te interpreteer as steun vir die standpunt wat hierbo ingeneem is, naamlik dat bevrydende verjaring deur die lex causae beheers word ongeag die klassifikasie van die verjaringsrels in daardie regstelsel. Die dictum uit paragraaf 28 is inderdaad so wyd geformuleer dat sodanige gevolgtrekking geregverdig sou kan word (let egter wel op die kwalifikasie "as a general rule"). Daarenteen aanvaar die hof uitdruklik die tegniek van via mediaklassifikasie vir die tipe situasie ter sprake (par 14), neem kennis van die buitelandse klassifikasie (par 17-21) en kom tot die gevolgtrekking dat ('n tweevoudige) leemte ter sprake is (par 22, 26, 31 en 32) - dit sou alles oorbodig wees by die aanvaarding van die voorgestelde rel. Dit mag ook wees dat die via mediategniek aangewend word om tot die nuwe gewenste posisie te kom wat in die vervolg outomaties van toepassing gaan wees sonder dat 'n hof weer deur die proses van klassifikasie moet gaan. In elk geval sal dit in die toekoms moeilik wees om in sodanige klassifikasieproses die dictum in paragraaf 28 nie ernstig te oorweeg nie. Myns insiens kan verwag word dat alle howe in die vervoIg op sterkte van hierdie paragraaf inderdaad bevrydende verjaring deur die lex causae sal laat beheers (ongeag die buitelandse klassifikasie). Dit geld natuurlik veral vir die geval van 'n dubbele leemte, wat in casu ter sprake was, maar in al die ander gevalle dui die bestaande gesag (direk of by analogie) in elk geval reeds op toepassing van die lex causae (sien par 14.1 hierbo). Dit is myns insiens wenslik om by 'n volgende geleentheid duidelik te maak dat dit inderdaad die bedoeling was, soos hopelik uit paragraaf 28 blyk (maar sien ook: "in the present case" - 406F), om as algemene reel te stel dat bevrydende verjaring deur die lex causae beheers word ongeag die klassifikasie van die verjaringsrefls in daardie regstelsel. Ten minste is hierdie uitspraak 'n reuse stap in die rigting van die regsposisie wat voorgestel is en dit word as sodanig verwelkom. JAN L NEELS Universiteit van Johannesburg

DELIKTUELE VORDERINGS TEEN DIE POLISIE: NIENAKOMING VAN 'N STATUTERE VERVALTERMYN EN NOODWEERSOORSKRYDING Mugwena v Minister of Safety and Security 2006 4 SA 150 (HHA) 1 Inleiding Dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tans onder geweldige druk verkeer, behoef weinig betoog. Aan die een kant staan slagordes van georganiseerde misdadigers gereed om die effektiwiteit van ons geregsdienaars, wat sweet om uitvoering te gee TSAR 2007 -1

[ISSN 0257-7747)

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 188 2007

DELIKTUELE VORDERINGS TEEN DIE POLISIE

1 69

aan hul leuse "servimus et servamus", te toets; aan die teenoorgestelde kant bespied ons regbank elke beweging van hierdie bewakers van die vrede wat in die uitvoering van hul plig begaan word, met die spreekwoordelike arendsoog. Die dagpers wemel deesdae ook van berigte oor die nypende tekort aan vaardighede onder polisiebeamptes. Dit val dan sekerlik nie vreemd op nie dat daar in die hofverslae deesdae al hoe meer bladsye afgestaan word aan uitsprake oor deliktuele vorderings teen die minister van veiligheid en sekuriteit, vele waarvan suksesvol (vgl bv in dieselfde maanduitgawe as die beslissing onder bespreking Minister of Safety and Security v Luiters 2006 4 SA 160 (HHA)). Die rol wat billikheid te speel het, enersyds in die proses van wetsuitleg en, andersyds, in die vasstelling van die grense van noodweer, kom in app~lregter Ponnan se uitspraak aan die orde. Dat hierdie beslissing van groot praktiese waarde gaan wees vir diegene wat hul besig hou met litigasie vir of teen die minister van veiligheid en sekuriteit, kan met stelligheid gekonstateer word. Wat na my oordeel egter nie so duidelik opval nie, is die tegnies-juridiese korrektheid van daardie deel van die uitspraak wat in besonder die aspek van noodweersoorskryding raak. 2 Feite Die verlies van 'n broodwinner is in hierdie geval die eisoorsaak. Gedurende 'n nagtelike operasie waartydens daar na 'n spesifieke misdadiger gesoek is, het vyf lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat in Makhadu gestasioneer was, volgens die aanduidings van 'n polisie-informant by Mugwena (die oorledene) se hut opgedaag. Hulle was almal in polisiedrag geklee en gewapen. Dit was stikdonker. Een van die polisiemanne het aan die hut se deur geklop en toe daar van binne gevra is na sy identiteit, het hy geantwoord dat hy 'n polisieman is. Op verdere navraag het hy die naam van die verdagte waarna hulle gesoek het, geopenbaar. Direk hierna kon die polisie 'n klikgeluid uit die hut waarneem, wat hul op hul hoede gestel het dat die persoon daarbinne 'n wapen uit 'n aktetas kon gehaal het. Die volgende oomblik het Mugwena die deur oopgemaak en met 'n vuurwapen in sy hand na buite getree. Hy het die wapen eers op konstabel Matumba, een van die polisielede, gerig en toe 'n ander een (sersant Botha) hom vra wat hy doen, het Mugwena die pistool op laasgenoemde gerig. Hierop het Matumba geskree dat hulle die polisie is en vir Mugwena Van agter gestorm en om die lyfgegryp. Omdat Mugwena egter baie groter en sterker as Matumba was, het hy geen moeite ondervind om los te breek nie. Trouens, hy het dadelik begin om konstabel Matumba met die vuis en vuurwapen te slaan. Toe laasgenoemde op die grond beland, het Mugwena hom vasgedruk en sy wapen teen die polisieman se kop gedruk. Konstabel Matumba het die stryd kort geknip deur vier skote met sy dienspistool op die aanvaller te vuur. Mugwena is op die toneel dood. 3 3.1 Uitspraak Die hofa quo

In die ho hof van Venda maak regter Hetisani korte mette met die vordering teen die verweerder. Hy beslis, ten aansien van 'n spesiale pleit namens die verweerder geopper, dat die vervaltermyn van twaalf maande wat in artikel 57(1) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995 gestel word, nie deur die eisers (die oorledene se weduwee en 'n dogter wat pas meerderjarig TSAR 2007.1

[ISSN 0257-77471

HeinOnline -- 2007 J. S. Afr. L. 189 2007