Vous êtes sur la page 1sur 2

Beeld Johannesburg Finaal Maandag 21 Januarie 2002 Bl. 1: Seuns se hel... http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2002/01/21/1/8.

html

Seuns se held vir DVD-speler vermoor


Janse van Vuuren

Marietie Louw

'n Pretoriase vrou het beangs in die donker deur haar spogtuin gekruip op soek na hulp kort nadat sy gesien
het hoe twee rowers haar man geskiet en hy inmekaar gesak het.

Mnr. Abraham Johannes (Apie) Janse van Vuuren (40), 'n direkteur van 'n internasionale
telekommunikasiemaatskappy, is Vrydagaand koelbloedig in die gesin se huis in Lynnwood doodgeskiet. Die
gesin het ses weke gelede in die goed omheinde huis met 'n interkomstelsel ingetrek.

Die twee rowers het ná die skietery met slegs 'n DVD-speler gevlug.

``Nadat Apie geskiet is, het dit onaards geklink toe hy geskree het: `Ek is geskiet.' Dit was soos 'n kreet,'' het
'n verslae me. Renate Janse van Vuuren gisteroggend gesê.

Ná dié gille het die egpaar se een seun, Marthinus (14), en 'n maat wat in sy kamer gespeel het, die venster
gebreek en tussen struike in die tuin weggekruip.

Janse van Vuuren het gesê haar man, 'n elektroniese ingenieur, het Vrydagaand omstreeks 21:30 op sy selfoon
met 'n kontrakteur uit Saoedi-Arabië op die stoep gepraat, omdat die selfoonontvangs in die huis baie sleg is.

``Ná die oproep het hy ingekom en in die kombuisdeur gestaan terwyl ek koffie gemaak het. Die twee
moordenaars moes hom gevolg het.

``Ek het gesien hoe hulle Apie skiet en hy het inmekaar gesak. Ek het dadelik platgeval,'' het Janse van
Vuuren gesê.

Die rowers het na die televisiekamer gehardloop waar hulle die pistool op die egpaar se ander seun, Gerhard
(12), gerig het.

``Hulle het vir hom gesê hy moet die skuifdeur oopsluit. Hy het nie die sleutel gekry nie en hulle het die
DVD-speler ontkoppel.''

Janse van Vuuren het gesê sy het in die gang af gekruip na die hoofslaapkamer. Sy wou die veiligheidshek na
die kamergedeelte, wat twee dae tevore ingesit is, toesluit. ``Apie het agter my aangekruip en ek het die hek
oop gelos en in die kamer weggekruip.

``Alles was stil in die huis. Ek het in die gang af gekyk en Apie sien lê. Ek het gedog hy is bewusteloos.''

Sy het daarna by die balkondeur in die kamer uitgegaan en oor die balkon gespring. ``Ek het in die tuin
gekruip na die bure toe, waar ek die polisie en my broer gebel het.''

Intussen het die rowers die motorhek van binne oopgemaak en in 'n wegkommotor gevlug.

``Apie was ons kinders se held en 'n wonderlike mens.

``Ons het Maandag ons 18de huweliksherdenking gevier en ek wil net op al die mooi goed van ons lewe
fokus.''

1 van 2 12/8/2010 12:35 PM


Beeld Johannesburg Finaal Maandag 21 Januarie 2002 Bl. 1: Seuns se hel... http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2002/01/21/1/8.html

mlouw1@beeld.com

2 van 2 12/8/2010 12:35 PM

Vous aimerez peut-être aussi