Vous êtes sur la page 1sur 1

Beeld

JHB
Osama sterf – Twee van UJ
moet ons feesvier? se ontwerpe
in Swede uitgestal
2 Jou wêreld, Jou koerant Kampus
7
Woensdag 11 Mei 2011

UJ gaan JSE help


waghond speel
Rekeningkunde­projek Gee jou kop
is enig in sy soort ’n vakansie
met musiek
“Ons betrokkenheid by die
Karla Janse van Vuuren nasienproses is moontlik van-
weë die hoë vlak van vakkun-
Klerke by die Universiteit dige aktiwiteite van die aka-
van Johannesburg se departe- demici in die departement re-
ment rekeningkunde is be- keningkunde.”
trokke by ’n enig-in-sy-soort Die klerke wat betrokke is
projek saam met die Johan- by die projek is besig met hul
nesburgse Effektebeurs (JSE). eerstejaar-klerkskap by die
Volgens Cobus Grové, ’n se- universiteit.
nior dosent in die departe- Voordat studente as geok-
ment, het die JSE die univer- trooieerde rekenmeesters kan
siteit genader vanweë die kwalifiseer moet hulle ’n
aansien wat die departement klerkskap van drie jaar doen,
rekeningkunde in die mark gewoonlik by ’n bank of ’n ou-
het. diteursfirma.
“Die betrokkenheid van die “Die universiteit het met
personeellede in die praktyk, die Suid-Afrikaanse Instituut
wat dus ’n praktiese aspek tot vir Geoktrooieerde Reken-
die projek toevoeg, het ook ’n meesters (SAICA) onderhan-
rol gespeel. Dit is die eerste del en ’n geleentheid geskep
projek van sy soort met die dat eerstejaar-klerkskap by
JSE.” die universiteit gedoen kan
Grové sê die projek behels word. Die ander twee jaar
die jaarlikse nasien van so- word dan by ’n ouditfirma ge-
wat 80 maatskappye wat op soen,” verduidelik Bastiaan
die JSE gelys is se finansiële Koster, ’n klerk by die UJ wat
state deur die klerke. in finansiële bestuur spesiali- Al ooit gehoor van Holiday Murray? Dié Kaapse band is vinnig aan die naam maak in die Suid­Afrikaanse
“Daar is tans 406 maatskap- seer. musiekbedryf. Lees meer oor hulle op bl. 5. Foto’s: ADRIAAN LOUW
pye op die JSE gelys. Elke Landi Janse van Vuuren, ’n
maatskappy se state sal dus klerk wat in ouditkunde spe-
minstens een keer elke vyf sialiseer, sê die JSE-projek is
jaar nagesien word. Die doel baie interessant.
is om proaktief die gehalte “Ons word blootgestel aan
van finansiële verslaggewing finansiële state wat ons vol-
van die maatskappye wat op gende jaar sal help wanneer
die JSE gelys is te verbeter en ons by die ouditeursfirmas
om seker te maak al die maat- begin werk. Ons ondersoek en
skappye is op die verlangde ontleed die finansiële state
rekeningkundige peil.” van sekere gelyste maatskap-
Volgens Russell Loubser, pye en vul dan ’n vraelys in
uitvoerende hoof van die JSE, wat deur ’n senior ontleder
sal dié proaktiewe monitering nagegaan word.
van maatskappye beleggers in “Hierna word ’n verslag op-
die Effektebeurs meer ge- gestel wat aan die JSE ge-
moedsrus gee. stuur word.”
“Ons verwelkom die same- Koster sê hy het tot dusver
werking met die UJ – dit is baie geleer uit die projek.
baie belangrik dat Suid-Afri- “Dit is baie leersaam om
kaanse studente blootgestel saam met kenners van reke-
word aan die praktiese kant ningkunde so ’n projek aan te
van die bedrywighede. pak.”
“Suid-Afrika kan trots wees Grové sê die projek is tot
op die hoë peil van sy reke- voordeel van sowel die uni-
ningkundige praktyk. Dié hoë versiteit as die departement
peil is werklik ’n huldeblyk rekeningkunde.
aan ons universiteite, inslui- “Dit gee die personeellede
tend die UJ.” die geleentheid om direk
Prof. Angina Parekh, ad- saam met die Beurs te werk
junk-vise-kanselier (akade- en om praktiese ervaring van
mie) van die UJ, het in ’n ver- die rekeningkundige proses
klaring gesê die UJ is trots op op te doen wat aan studente
sy samewerking met die JSE. oorgedra kan word.”

Redakteur: Karla Janse van Vuuren jhb@beeld.com Om te adverteer: 011 713 9498

Vous aimerez peut-être aussi