Vous êtes sur la page 1sur 2

14 July 2017

VIR WIE DIT MAG AANGAAN

PEROONLIKE GETUIENIS VIR GERBRANDT VAN DER MERWE

Ek ken Gerbrandt vanaf 29 Augustus 2015, toe hy n troue by Avanti in Zeerust bygewoon het.

Hy het dadelik n groot indruk op my as eienaar gemaak, deurdat hy in n plofbare situasie hulp
aangebied en die situasie ontlont het.

Gerbrand het n baie rustige, aangename manier om met mense te werk en gemoedere te stil.

Omdat ek bykans 20 jaar skool gehou het en sodoende met baie kinders asook volwassenes te doene
gehad het, kan ek n persoon vinnig opsom. Dit is nie noodwendig altyd die korrekte opsomming nie
maar ek is in die meeste gevalle in die kol.

Gerbrandt is nou permanent in my diens en ek kan onomwonde getuig dat dit die beste besluit in my
lewe was.

Hy is baie hulpvaardig en uiters betroubaar. As ek n taak vir hom gee het ek geen bekommernis daarna
nie, omdat ek weet dit sal voltooi word in n meer perfekte resultaat as wat ek verwag het. Gerbrandt is
uiters netjies en georganiseerd. Hy het vir homself n werksplek ingeruim waar hy kontrole uitoefen op al
ons meganiese en tuintoestelle.

In die gasvryheidsbedryf, meer spesifiek funksies en troues, kan die gemoedere hoog loop omdat mens
altyd teen tyd en met spoed werk. Gerbrandt het n manier om in die moeilikste, plofbaarste situasies
almal om hom rustig te maak. Hy is altyd vol humor en het gou geliefd geraak tussen al die werkers by
Avanti. Wit en swart is gemaklik by hom omdat hy altyd na almal se stories op n rustige manier luister.

Ek beleef ook dat Gerbrandt n baie klein hart het waar dit by mense kom wat swaarkry en het ek
agtergekom dat hy van die werknemers finansiel ondersteun en homself maklik te kort doen net om
ander te help.

Hy is lankal nie meer n werknemer nie en ek beskou hom nie net as n vriend nie maar eerder n seun. Ek
en my man het baie lief geraak vir hom en ons het die vrymoedigheid om hom in ons huis en lewens in
te laat. Ons vertrou ten volle op hom vir as ons weg is, na ons belange om te sien. Hy is n regte
staatmaker en ek is bly om hom in my lewe te h.

Ek bied my telefoonnommer met graagte en enigeen wat meer van Gerbrandt wil weet, kan my gerus
skakel.

_________________________

Annette Smit (0826550022)

Vous aimerez peut-être aussi